Fula Fulfulde | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Benin Burkina Faso Gambië Ghana Guinee Guinee-Bissau Ivoorkus Kameroen Mali Mauritanië Niger Nigerië Senegal Sentraal-Afrikaanse Republiek Sierra Leone Soedan Togo Tsjad | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 30 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Atlanties Senegambies Fula-Wolof Fula | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nasionale taal in: Burkina Faso Gambië Guinee Mali Mauritanië Niger Nigerië Senegal | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ff
| |
ISO 639-2: | ful
| |
ISO 639-3: | ful
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Fula, Fulani of Fulfulde (Fulfulde, Pulaar, Pular) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 30 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Fula-volk gepraat en is ná Arabies, Frans, Engels, Swahili en Hausa die belangrikste taal in Afrika.
Fula is 'n handelstaal in Wes-Afrika en word deur miljoene se mense óf as moedertaal óf as tweede taal gebesig. Fula is die naaste verwant aan Serer en Wolof. Afhangende van die gebied word Fula met óf die Arabiese óf die Latynse alfabet geskryf. Die bekendste woord is waarskynlik Burkinabé, die demoniem vir Burkina Faso se bevolking, wat "mans of vrouens" beteken.[2]
Fulfulde is die belangrikste van die Atlantiese tale en word in die Sahel-streek in lande soos Benin, Burkina Faso, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Mauritanië, Niger, Nigerië, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Togo en Tsjad gepraat.